ALGEMENE INLIGTING |
LET WEL: |
Hierdie dokument vorm deel van die amptelike dokumentasie ten opsigte van
die aansoek om en toekenning van die Helpmekaar Studiefonds (voortaan HSF)
lenings en moet as sodanig beskou en gelees word. |
1. |
Lenings is slegs beskikbaar aan studente wat: |
|
|
|
|
|
·
voltyds by ’n instansie
studeer wat by die Suid-Afrikaanse Kwalifikasie-owerheid |
|
|
·
aan die keuringsvereistes
van die Direksie voldoen, o.a. akademiese prestasie. |
|
|
|
|
2. |
Lenings is slegs
bedoel vir klasgeld, losies en boeke en sal nie noodwendig voldoende wees om
die totale studiekoste te dek nie.
Aansoekers moet dus deeglik uit eie bronne begroot vir ekstra uitgawes.
|
|
|
|
|
3. |
Die meeste finansiële instansies sal studielenings slegs vir een jaar op ‘n slag goedgekeur.
By HSF word lenings egter toegeken vir die volle studietermyn (die normale duur van die kursus).
Dit beteken dat die student en ouer die gemoedsrus het dat befondsing in plek is vir die volle studietermyn, mits die student suksesvol studeer:
|
|
|
|
|
|
3.1 |
In 2020 is die maksimum leningsbedrae per kursus: |
|
|
Medies/Veeartsenykunde ..................................................R80
000 p.j. |
|
|
Ingenieurswese (universiteite)
...........................................R80 000 p.j. |
|
|
Tandheelkunde
..................................................................R80 000 p.j. |
|
|
Ander graadkursusse ........................................................R75
000 p.j. |
|
|
Ingenieurswese (universiteite van tegnologie) ..................R60 000 p.j. |
|
|
Diplomakursusse ...............................................................R55
000 p.j. |
|
|
|
|
3.2 |
Lenings word normaalweg nie vir ekstra/herhaaljare van studie toegeken
nie. |
|
|
|
|
3.3 |
Aansoeke om lenings vir ’n eerste kwalifikasie geniet voorkeur. |
|
|
|
|
3.4 |
Nagraadse studente in
spesifieke beroepsgerigte kursusse,
bv. BRek. Hon., LLB, BPsig Hon., NOS, ens., kan vir ’n addisionele lening
aansoek doen na voltooiing van voorgraadse studie. Sluitingsdatum vir
addisionele lenings is 30 November 2019. |
|
|
|
4. |
Leninguitbetalings word by maksimum vier geleenthede per jaar gemaak - slegs ná ontvangs van ’n opvraging.
Alle opvragings word deur die aanlynportaal gedoen. |
|
|
|
|
|
LET WEL: LAAT VYF WERKSDAE NÁ
ONTVANGS VAN DIE OPVRAGING TOE VIR UITBETALING |
LENINGUITBETALINGS |
UITBETALING
AAN |
BESONDERHEDE |
Eerste betaling |
Instansie |
Registrasiegeld en
deposito na ontvangs van Desember-uitslae / Matrieksertifikaat |
Tweede betaling |
Student of ouer |
50% van die
leningsbedrag minus 1ste betaling, na bewys van registrasie |
Derde betaling |
Instansie |
1ste bedrag soos deur
die instansie vereis na ontvangs van instansie se rekening |
Vierde betaling |
Student of ouer |
Restant van totale
leningsbedrag na ontvangs van Junie-uitslae. Die student is dan self
verantwoordelik vir betaling van die finale rekening aan die instansie |
5. |
Dokumentasie vereis |
|||
|
|
|
||
|
5.1 |
Daar word van elke student vereis: |
||
|
|
5.1.1 |
om ’n bewys van registrasie
aan die HSF te verskaf sodra dit beskikbaar is; en |
|
|
|
5.1.2 |
om tydens studiejare aan die
einde van elke semester ’n amptelike studieverslag in te dien sodra dit
beskikbaar is, ongeag of verdere fondse onttrek (gaan) word. |
|
|
|
|
||
|
5.2 |
Indien ’n student, sonder ’n
aanneemlike rede, nie sy/haar eksamen slaag nie, of nie die voorwaardes van die
lening nakom nie, kan sy/haar lening opgeroep en moet die skuld terugbetaal
word op ’n wyse soos deur die HSF bepaal. |
||
|
|
|
||
6. |
Renteberekening tydens
studie |
|||
|
|
|
||
|
6.1 |
Die rentekoers op lenings tydens die studiejare is
gelykstaande aan die ABSA Groep Bpk. se primakoers minus 1% soos op 1
Januarie van elke jaar, maar die HSF behou die reg voor om van tyd tot tyd
die rentekoers in die loop van die jaar aan te pas, indien die primakoers
aangepas word. |
||
|
|
|
||
|
6.2 |
Terwyl die student
studeer, moet die rente gehef op die leningsbedrag maandeliks per debietorder betaal word, soos deur die HSF bepaal.
Indien die betaling van die |
||
|
|
|
||
|
6.3 |
Die Helpmekaar
Studiefonds beskik oor ’n Trust wat in sommige gevalle ouers en leners help
wat nie die finansiële vermoë het om die rente tydens die studietydperk te
betaal nie. Die beskikbaarstelling van hierdie rentebeurse is afhanklik van
die beskikbaarheid van fondse in die Trust en word jaarliks hersien.
Rentebeurse word slegs na deeglike oorweging en op grond van meriete
toegeken, en geen leningaansoeker kan daarop aanspraak maak of daarvoor
aansoek doen nie. |
||
|
|
|
||
7. |
Renteberekening en
terugbetaling ná studie |
|||
|
|
|
||
|
7.1 |
Na afstudering sal
rente bereken word op die totale uitstaande balans teen die primakoers van
die ABSA Groep Bpk. soos op 1 Januarie van elke jaar. Die HSF behou egter die
reg voor om van tyd tot tyd die rentekoers in die loop van die jaar aan te
pas, indien die primakoers aangepas word. |
||
|
|
|
||
|
7.2 |
Na afstudering word
die lening (kapitaal en rente) soos volg terugbetaal met gelyke
paaiemente, versprei oor die terugbetalingstermyn: |
||
|
|
|
||
|
|
1 – 3-jaarkursusse: 2 x die studietermyn. |
||
|
|
|
||
|
|
4 − 6-jaarkursusse:
’n maksimum terugbetalingstermyn
van 7 jaar. |
||
|
|
|
||
8. |
Sekuriteit |
|||
|
|
|||
|
8.1 |
Om die voortbestaan
van die HSF te verseker moet studielenings deur ’n borgskap(pe) gedek word. Die
HSF ken selde lenings toe sonder dat die borg bykomende sekuriteit gee, maar
elke aansoek word op meriete hanteer en aansoekers hoef nie deur hierdie
vereiste ontmoedig te word om aansoek te doen nie. Die borgskap en/of
bykomende sekuriteit raak egter net van toepassing as iemand (die student of
die borg) nie die lening terug betaal nie. |
||
|
|
|
||
|
|
’n
Borg is iemand
(dikwels ’n ouer of familielid) wat onderneem om verantwoordelikheid vir Met sekuriteit word
bedoel iets van waarde wat die HSF in
kontant kan omskep, indien |
||
|
8.2 |
Bykomende
sekuriteit kan behels: |
||
|
|
|
||
|
|
8.2.1 |
Die sessie van polisse /
beleggings |
|
|
|
|
Hierdie opsie het geen
koste-implikasies nie. Die afkoop- of
kontant-waarde van polisse (nie die fondswaarde nie) en/of die waardes van die beleggings, moet by die aansoek aangeheg word. |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
let wel: die volgende word nie as sekuriteit aanvaar nie: · Uittree-annuïteite; ·
Pensioenfondse in enige belegging; ·
Lewenspolisse sonder
kontantwaarde; |
|
|
|
|
|
|
|
|
8.2.2 |
Die registrasie van ’n borgverband op eiendom |
|
|
|
|
Indien bostaande opsie nie beskikbaar is nie en die
borg wel oor eiendom beskik, is dit ’n moontlikheid, maar ongelukkig een
waaraan koste verbonde is. Vir die registrasie van die borgverband kan u van
die HSF se voorgestelde of u eie regsadviseur gebruik maak. Die koste van die
registrasie sowel as die uiteindelike kansellasie van die borgverband is vir
die rekening van die borg. |
|
|
|
|
|
|
|
|
8.2.3 |
’n
Tweede borg |
|
|
|
|
Indien die eerste borg (ouer), nie voldoende
sekuriteit kan verskaf nie, kan van ’n tweede borg gebruik gemaak word. |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Die eerste borg (ouer), sowel as
die tweede borg, moet ’n aansoekvorm voltooi en aan ons stuur. Die tweede
borg verskaf net die student se naam en van in Afdeling A, en voltooi dan Afdeling D to G volledig. |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
LET
WEL: Dieselfde reëlings ten opsigte van sekuriteit soos hierbo gestel, kan ook
op ’n tweede borg van toepassing gemaak word. |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
LET WEL: Indien die student om die een of
ander rede nie sy/haar lening volgens ooreenkoms na afloop van studie kan begin
terugbetaal nie, sal die borg(e) daarvoor moet instaan. |
|
|
|
|
|
|
9. |
Alle lenings word outomaties deur ’n groeplewensversekeringskema wat deur Sanlam onderskryf word, gedek, tensy die lener verkies om ’n alternatiewe reëling met die HSF te tref. Dekking beloop 14.2 sent per R1 000 van die uitstaande balans van die leningsbedrag. Die uitstaande balans van die lening en gevolglik ook die borgverpligting word gedek in geval van dood / tydelike arbeidsongeskiktheid / permanente
arbeidsongeskiktheid van die lener.
Wanneer die student sy
studies voltooi, styg die
premie na 50.3 sent per R1 000 van die uitstaande
balans van die leningsbedrag
vir die volgende dekking: dood / tydelike arbeidsongeskiktheid /
permanente arbeidsongeskikheid
/ verlies aan inkomste, soos van toepassing. Wanneer die leningskuld vereffen is, verval die versekering outomaties. Die lener se rekening word maandeliks met
die bedrag van die premie
gedebiteer. |
|||
|
|
|||
10. |
Meer inligting oor enige van
die bostaande kan van ons kantoor bekom word. |
|||
|
Telefoon: |
021 930 8155 |
||
|
E-pos: |
|||
|
Webblad: |
|||
|
|
|
||
|
Die
Helpmekaar Studiefonds se fondse is oor die jare met groot toewyding opgebou.
Daar is geen aandeelhouers of persone met private belange nie. Die enigste
mense wat voordeel trek uit die Fonds, is studente en van hulle word verwag
om hulle verpligtinge getrou na te kom sodat diegene wat ná hulle kom, ook
uit hierdie bron gehelp kan word. |
|||